Flexible Work, Better Balance
***See English version below’n Gevestigde boerdery bied ’n volhoubare loopbaangeleentheid aan ’n dinamiese persoon met ’n sterk gevoel van eienaarskap, praktiese bestuursvernuf en die energie om saam met die bestuurspan die onderneming vorentoe te neem. Die ideale kandidaat sal bereid wees om hom-/haarself in die streek te vestig, verantwoordelikheid te aanvaar en ’n aktiewe rol te speel in die groei, stabiliteit en winsgewendheid van die besigheid. Die boerdery bestaan uit verskeie produksie-afdelings, waaronder koring, mielies, aartappels, beet, wortels en uie. ’n Breë agtergrond in groenteproduksie en die vermoë om die verskillende afdelings georganiseerd en doelgerig te bestuur, is dus noodsaaklik.