Flexible Work, Better Balance
Produksie-assistent (Tonnelspan)
Ons is op soek na ʼn ervare en hoogs gemotiveerde Produksie-assistent om by die Babylonstoren-span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal saam met die tonnelspan werk om daaglikse onderhoudstake te verrig.
Vereistes:
· ʼn Voltooide Nasionale Senior Sertifikaatkwalifikasie (matriek/ graad 12).
· Ten minste twee jaar se praktiese ondervinding.
· Vermoë om gemaklik in ʼn span te werk en hoë standaarde te handhaaf.
· Uitstekende interpersoonlike vaardighede.
· Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
· Goed georganiseerd.
· Moet ʼn voorliefde vir inheemse plante en respek vir die natuur hê.
Verantwoordelikhede:
· Oes produkte.
· Plant, basiese onderhoud, oplei en snoei van gewasse.
· Spuit gewasse.
· Bestuur 'n trekker.
· Basiese onderhoud van tonnels.