Position Overview
SUMMARY: Konstruksie Voorman - NAGSKOF
Area: Kimberley, Noord-Kaap
Salaris: R15 000 nett
Tydelike Kontrak: 6 Maande
POSITION INFO: Ons kliënt, ’n gevestigde konstruksiemaatskappy, is op soek na ’n ervare Konstruksie Voorman om hul nagskofspan te versterk. Die ideale kandidaat moet uitgebreide kennis en praktiese ondervinding in teëlwerk en konstruksie hê, asook die vermoë om ’n span effektief gedurende nagskofte te bestuur en toesig te hou oor hoë kwaliteit afwerkingswerk.
Vereistes: - Minimum 5 jaar relevante ondervinding in konstruksie
- Sterk kennis en praktiese ervaring in teëlwerk is noodsaaklik
- Ervaring met afwerkings en terreinbestuur
- Moet bereid wees om nagskofte te werk
- Sterk mensebestuurs- en organisatoriese vaardighede
- Vermoë om werknemers en subkontrakteurs te bestuur
- Tweetalig (Afrikaans & Engels)