Position Overview
Posbeskrywing: Junior Rekenmeester
(Utilities Maatskappy)
Ligging: Garsfontein
Rapporteer aan: Direkteur
Posdoel
Om die daaglikse finansiële administrasie van die maatskappy akkuraat en betyds te hanteer, met fokus op bankprosesserings, rekonsiliasies, fakturering, registers en die voorbereiding van maand- en jaareindefinansiële inligting.
Sleutelverantwoordelikhede
- Prosessering en balansering van banktransaksies in SAGE en Xero.
- Rekonsiliasie van debiteure en krediteure, insluitend opvolg van uitstaande items en die oplossing van verskille.
- Instandhouding en opdatering van die bateregister en voorraadregister.
- Opstel en indien van maandelikse verslae (bv. inkomste/uitgawes, debiteure, krediteure, bankrekonsiliasies en verwante opsommings).
- Voorbereiding van finansiële state/finansiële inligting vir voorlegging aan die rekenmeester (ondersteunende skedules, rekonsiliasi...