Flexible Work, Better Balance
***See English version below’n
Vooraanstaande varsprodukte-maatskappy in Suid-Afrika is op soek na ’n Bedryfshoof om 'n reeds suksesvolle boerderymaatskappy te bestuur, en na nog nuwe hoogtes toe te neem. Hierdie kommersiële boerderymaatskappy is ’n toonaangewende rolspeler in die landboubedryf en voorsien plaaslike en internasionale markte. Bedrywighede sluit groot kommersiële produksie-eenhede en moderne pakhuise met gevorderde tegnologie in. Hierdie is 'n goeie geleentheid vir 'n ervare persoon wat operasionele bestuurservaring het om 'n sleutelrol in die maatskappy op te neem, om sodoende sy/haar innoverende benadering te kom toepas in 'n vinnige, hoë-impak bedryf.